JSTOR

JSTOR (kort vir Joernaalstoring) is 'n Verenigde State-gebaseerde aanlynstelsel vir argivering van akademiese joernale, wat in 1995 gestig is. Dit bied volleteks soekpogings van gedigitaliseerde vorige uitgawes van etlike honderde welbekende vaktydskrifte, wat in die geval van die Philosophical Transactions of the Royal Society na 1665 terugdateer.

JSTOR is oorspronklik befonds deur die Andrew W. Mellon-stigting, maar is tans 'n onafhanklike en selfonderhoudende nie-winsgewende organisasie met kantore in New York Stad en Ann Arbor, Michigan. In Januarie 2009, is dit aangekondig dat JSTOR met ITHAKA sou saamsmelt,[1] 'n nie-winsgewende organisasie wat in 2003 gestig is, en "toegewy is aan ondersteuning van die akademiese gemeenskap vir volle voordeeltrekking uit snelontwikkelende inligting- en netwerktegnologieë."[2]

  1. "Aankondiging oor Ithaka". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2010. Besoek op 16 April 2011.
  2. "Omtrent Ithaka" (in Engels). Ithaka.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2012. Besoek op 25 Oktober 2009.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search